MAALVLEISPASTEI MET GROENTE
1 groot ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
15 ml olie
750 g maalvleis
250 ml gemengde gevriesde groente
1 groot aartappel, in blokkies
1 x 410 g blik gekapte tamaties
sout en peper
15 ml Worcestersous
5 ml suiker
10 ml bruinsouspoeier
15 ml mielieblom
125 ml water
125 ml rooiwyn
1 rol blaardeeg
100 g gerasperde kaas
45 ml gekapte pietersielie
15 ml gekapte vars tiemie
1 eier geklits met bietjie melk
Verhit oond tot 180°C.
Soteer ui en knoffel in olie.
Voeg maalvleis by en verbruin.
Voeg groente by en kook tot byna sag.
Voeg aartappel en tamatie by en kook tot sag.
Voeg geurmiddels en Worcestersous en suiker by.
Meng souspoeier en mielieblom met die water en wyn en voeg by vleismengsel.
Kook tot effens verdik.
Gooi in pasteibak en laat afkoel.
Rol deeg oop.
Strooi kaas, pietersielie en tiemie oor en rol in die lengte op.
Sny in 1.5 cm skywe en rangskik bo op vleismengsel.
Verf met eier en bak vir 30 minute.
Foto en resep: Elsa Van Antwerpen Kleinhans
geskuif