LIGTE HOENDERSOP
Wat doen jy met die water waarin jy jou soutvleis gekook het? Ek het n hoenderdytjie daarin gesit en n klein bietjie knoffel. Die dy saggekook uitgehaal en n handvol klein pasta ingegooi en gaar gemaak. Die vleis van been af gehaal terug gegooi en laastens eetlepel elk fyngesnyde pietersielie en lente uie lowwe ingegooi. Vier mense eet heerlik daaraan
By: Elba Groenewald