GESTOLDE TUNA VORM
Hier is ook ‘n baie lekker tuna in vorm resep.
6 teelepels gelatien, los op in 1 koppie warm water.
Sit in yskas om te begin stol (nie te lank nie).
2 blikke tuna, gedreineer
2 uie, fyn gesny
2 eierwitte, styf geklits
195 ml styfgeklitste room
150 ml Mayonaise
25 ml Tamatiesous
sout en peper
peri peri spesery na smaak
Meng alles saam en laaste die room en eierwit. Spoel die vorm uit in yskoue water en gooi dan alles in en laat oornag staan in yskas om te stol. Ek het nog oral waar ek die vorm saam geneem het die resep moes deel, dit is heerlik saam met sout beskuitjies!
BRON- Sheila Marsburg Troskie