EASY PEASY AARBEISLAAI
Ek het hierdie slaai vir Kersfees gemaak – dis maklik en heerlik!! Het die kaas met camembert vervang (want ek het vergeet om Mozarella te koop) en maak dit vanaand met Feta. Die aarbeie, kaas en amandels se mates is ‘soveel soos jy wil.
Roer saam:
25 ml bruinsuiker
50 ml papawersaad (poppy seed)
50 ml olyfolie
50 ml basalmiekasyn
genoeg aarbeie
geroosterde gesnyde amandels
Week aarbeie in sous. (30 – 45 minute)
Pak lekker baie rocket op slaaibord, Mozarellakaas en gooi aarbeie oor.
Strooi geroosterde amandels oor.
Nicolette Fick
Variasie: Rita Labuschagne
Vir afwisseling kan jy die kaas weglaat en fyngekerfde biltong bysit. Ek sit ook soms lemoensap by die slaaisous, heerlik.
geskuif