BEESVLEISPOTJIE

 

beesvleis potjietested

BEESVLEISPOTJIE
1 kg stowebeesvleis opgesny
Olie
1 groot ui opgesny
Vars kruie – roosmaryn, tiemie, sage
1 t fyn gemmer
2 t vleisspessery – steak en chops
2 e asyn
2 e sojasous
Sout/peper
4 groot aartappels geskil en gesny in stukke
4 groot wortels geskil en gesny in stukke of skywe
500 ml kookwater

Braai vleis in olie tot bietjie bruin
Voeg uie en kruie by en braai nog 10 minute en voeg kookwater by met sojasous, asyn, gemmer en spesery
Laat kook vir 1 1/2 uur
Pak laag wortels
Pak laag aartappels op vleis, strooi sout en peper oor
Kook tot groente sag is, voeg nog water by indien nodig.
Kan sous verdik met bietjie Bisto gemeng met water
Bedien met rys

Marie Dumas Jennings