BEES CARPACCIO
140 g beesfilet
10 ml olyfolie
1 t growwe sout
1 t varsgemaalkde swartpaper
125 g knopie sampioene in dun skyfies gesny! (Ekt nie nie in gesit nie)
1 k roket blare (ht nie dit in gesit nie)
50 g parmesaanskaafsels
vars gemaalde sout en peper vir opdiening
Sous:
60 ml olyfolie
60 ml suurlemoen sap (ekt balsamic asyn gebruik)
sout en peper
Smeer die filet met olyfolie en rol in growwe sout en peper!
Verhit n pan rookwarm en verseël die filet aan weerskante! 2 min aan ‘n kant.
Laat goed afkoel.
Meng solank alles vir sous.
Sny die afgekoelde filet in dun snytjies! Plaas op kleefplastiek en rol dunner! Moet omtrent dubbel die groote wees as waarmee jy begin het!
Om voor te sit pak die vleis in ‘n mooi opdien bord! Sprinkelsous oor en parmesaan skaafsels! Maal sout en swartpeper oor!!
Foto: Benhet Nieuwenhuis
Nota: Benhet Niewenhuis
As ons gaan jag dan gee ek die boude in by die slaghuis hulle rook dit en sny dit milimeter dun! Dan seel ons porsie grotes en vries! Dan wanneer ons dit wil eet dan ontdooi ons dit en sit op bv feta en uie of mushrooms of capers of waarvan jy hou! Dan strooi ek fyn mozzarella kaas oor en sout en peper en dan bedien ek dit met balsemik asyn en olyf olie! Die bees carpaccio maak ek wel self want hy word nie gerook nie! Hy is op ons blog