OUTYDSE SLAPHAKSKEENTJIES
Kook 1kg klein uitjies soos volg:
verwyder skilletjies
Maak snytjie aan aan wortelkant van elke uitjie
kook 40 minute in kokende water of tot uie sag is, nie pap nie
Gooi water af en dreineer goed.
Berei intussen eier-suursous om oor uie te gooi
1 eier,
2e suiker
1/4t sout
1/2t mielieblom
2e asyn
2e water
Klits eier goed en voeg res van bestanddele by.
Plaas glasbak oor pot met kokende water en klits aanhoudend met vurk tot dit begin verdik.
Verwyder van hitte en klits tot dit lig is.
Dien warm op vir groente of koud vir slaai
BRON: Hannalie Kitshoff