MEV BETSIE SE MALVAPOEDING
( maak dubbel aan vir ‘n oondpan)
1 eetlepel botter
halwe koppie suiker
1 eier
1 koppie melk
1 teelepel koeksoda
1 koppie meel
1 eetlepel asyn
knypie sout
1 eetlepel appelkooskonfyt
Verroom botter en suiker, voeg eier en appelkooskonfyt by en meng.
daarna die asyn. meng koeksoda met melk en voeg dan melkmengsel en meel beurtelings by. meng goed. skep in gesmeerde oondbak en bak tot gaar. sodra uit die oond voeg die volgende kokende stroop oor.
STROOP:
1 blik ideal melk
halwe koppie botter
halwe koppie kookwater
1 koppie suiker
Kook alles saam en gooi oor poeding sodra dit uit die oond kom.
FOTO: Gerda Swart