TANDOORI HOENDERBOUDJIES
Ek verkies hoender wat in ‘n braaiketel gaargemaak is – dit gee ‘n lekker rokerige geur en die hoender bly sappig.
8 hoenderboudjies
Marinade:
200 ml ongegeurde jogurt
5 ml koljander
5 ml borrie
5 ml kardemom
5 ml paprika
10 ml garam-masala
2 vet knoffelhuisies, gekneus
1 duim vars gemmer, gerasper
sout en varsgemaalde swartpeper
Sny die hoenderboudjies met ‘n skerp mes deur die vel so effens in die vleis in sodat die marinade goed kan intrek.
Meng al die marinade bestandDele in ‘n mengbak. Giet dit oor die hoenderboudjies, bedek en marineer vir sowat 1-2 uur of oornag.
Braai die hoender oor matige kole of in ‘n voorbereide braaiketel tot goudbruin en gaar terwyl jy dit elke nou en dan met die marinade verf. Sit voor met mango-atjarsalsa.
Mango-atjarsalsa:
Ment 1 bottel (410g) mango-atjar met een blik (410g) klappermelk en geur met vars koljanderblare, geroosterde klapper en grondbone.