

RUM EN RAISIN POEDING OF TERT
Twee botteltjies Orly Whip,
125g rosyntjies…..week in warm water, dreineer en droog af,
een blik gekookte kondensmelk,
tennisbeskuitjies,
5ml rum essens,
sjokolade om bo-oor te rasper.
METODE:
Klits Orly Whip styf,
Klits gekookte kondensmelk in sodat dit baie goed gemeng is.
Roer afgedroogde, geweekte rosyntjies in.
Pak laag tennisbeskuitjie in bak, volg met laag Orly Whip Mengsel, gaan so aan en eindig met laag Orly Whip Mengsel.
Rasper sjokolade oor ( Of breek Flake in stukkies, krummel effens en strooi oor) Plaas in yskas en geniet dit!
Resep jare gelede by ‘n vriendin gekry…ken nie oorsprong daarvan nie.
RESEP EN FOTO: Retha-Jane Duvenhage Buys