MONTE CARLO KOEKIES
Geen idee waar ek die resep vandaan gekry het nie.
Lewer ongeveer 45 koekies.
180 g botter
125 ml suiker (½ kop)
1 ekstra groot eier
5 ml vanielje geursel
315 ml bruismeel
140 ml koekmeelblom
knippie sout
125 ml klapper (½ kop)
45 ml aarbeikonfyt (3 el)
45 ml klapper (3 el)
Voorverhit die oond tot op 180 º C.
Bespuit 3 bakplate met kleefwerende kossproei.
Verroom die botter en suiker tot lig, voeg die eier en vanieljegeursel by en klits goed.
Sif die mele en sout saam en voeg saam met die klapper by die botter-mengsel, meng deur.
Rol teelepelsvol van die mengsel in bolletjies en plaas op gesmeerde bakplate.
Druk n houtlepel se steel liggies in meel en druk n holte in die middel van elke bolletjie.
Bak 10 tot 15 minute lank tot gaar en lig strooikleurig.
Laat effens afkoel op die bakplate en laat dan heeltemal afkoel op n draadrakkie.
Skep in elke holte n bietjie aarbeikonfyt en besprinkel mildelik met klapper.
RESEP EN FOTO: Leanne Thurston Coetzer