KATKOPPE – FRIKKADELLE IN BESLAG
3 snye brood
1 kg maalvleis
1 ui fyn gesny
2 eiers
10 ml sout
5 ml braaivleis speserye
5 ml bakpoeier
1 eetlepel asyn
Meng alles saam en maak klein frikkadelletjies. Kook in klein bietjie water tot gaar.
Tel van stoof af en laat koud word.
Beslag
500 ml meel (2 koppies)
10 ml bakpoeier
2 eiers
2 ml sout
400 ml melk (1 ½ koppie)
Kookolie vir braai.
Klits alles goed saam tot gemeng en sonder klonte. Rol die koue frikkadelltjies in meel, dan klou die deeg beter daaraan. Doop frikkadelletjies in beslag en braai in warm olie tot ligbruin. Dreineer op kombuis papier.
Nota: Die katkoppe is regtig baie lekker. Die kaasblokkie in die frikkadel is baie lekker.
Foto: Tinkie Theron