KERRIE NOEDELSLAAI

kerrie noedelslaai marie
KERRIE NOEDELSLAAI
500 g noedels
1 groot ui (gesnipper)
1 groot greenpeper (blokkies)
(kan ook rooi en geel peper insit vir meer kleur)
EK HET DIE SOUS NET DUBBELD AAN GEMAAK ANDERS IS DIT TE DROOG.
sous:
250 ml tamatiesous
200 ml wit suiker
125 ml olie
125 ml wit asyn
25 ml kerriepoeier (matig)

7 ml sout
2 ml swartpeper
1 ml tabascosous (opsioneel)
{ Berei noedels volgens aanwysings op pak
{ Voeg ui en greenpeper by noedels
{ Meng sous bestandele saam en voeg by noedels

Wenk ~ Meng sous by noedels terwyl dit nog warm is (moenie noedels afspoel nie) ~ die sous trek dan lekker in die noedels in, roer kort-kort deur
Hoe langer die slaai staan hoe lekkerder ~ die slaai kan ook gebottel word
2de Foto: Annelize de Bruin
Resep en eerste foto:  Marie Rheeder Troskie