1

Gerookte Snoek Pastei

2013-09-04-gerooktesnoekpastei

Ek het nog nooit so iets gemaak nie, maar net besluit dis wat ek alles in my pastei wil sit, so die hoeveelhede is min of meer, kyk maar soos julle aangaan…

1. Braai 1 gekapte ui en ‘n teelepel knoffel in ‘n pot.
2. Gooi ongeveer 350g – 450g gevlokte gerookte snoek by en braai saam sodat die geure goed kan meng.
3. Sny 1 groot of 2 klein aartappels in blokkies en laat dit lekker sag kook.
4. Maak ‘n sous van omtrent 200ml vars room, 1 pakkie wituie-sop en so 2 eetlepels suurroom. Meng todat al die sop opgelos is.
5. Gooi nou die sous/sop mengsel by die snoek en uie in die pot en kook vir so 5-10 min. Die mensel sal nou bietjie taai lyk. (Soos die waarmee mens viskoekies maak)
6. Ek het sommer gewone ‘puff-pastry’ gebruik en dit eers vir so 15 blind gebak.
7. Haal die pot van die stoof af, gooi die blokkies aartappel in en een geklitsde eier, en meng versigtig, sodat al die aartappels nie fyn druk nie. Die wat wel fyn druk bind die vulsel saam met die eier, maar die ‘chunky’ stukkies is heerlik.
8. Strooi ‘n mengsel van Wit Gouda/Mozarella en gewone Cheddar kaar bo-op met bietjie Paprika.
9. Bak vir 20 min by 180 grade en 10 min op rooster.

O, en amper vergeet ek, bietjie vars gekapte pietersielie en swartpeper is heerlik… verder het dit nie veel nodig nie

 

BRON- Nadia Prinsloo