VARSASEM-KOEKIES VIR HONDEKINDERS
500 ml rysmeel
300 ml hoenderaftreksel verkieslik tuisgemaak
1 ekstragroot eier
60 ml vars pietersielie gekap
250 ml volgraanmeel
Meng al die bestandele saam. Knie tot goed gemeng – gebruik meer volgraanmeel indien nodig. Rol die deeg uit tot ‘n dikte van 1.5cm en druk vormpies daaruit of sny dit in blokkies. Bak 60-90min lank by 150°C.