SUPER SKONS
500 ml koekmeel
12,5 ml bakpoeier
12,5 ml suiker
5 ml sout
90 g margarien (100 ml)
1 ekstra groot eier
125 ml melk
Verhit oond @ 200ºC. Sif droë bestanddele en vryf margarien met vingerpunte in. Klits eier en melk (ek gebruik nie heeltemal so baie melk nie, probeer 100 ml) en vorm stywerige deeg.
Rol uit, druk uit en bak 12 – 15 minute tot goudbruin. Baie lekker en die resep verdubbel baie suksesvol.
BRON EN FOTO: Jackie Naudé