MAALVLEISPOFFERTJIES
250 ml Melk,
2 eiers,
125 ml olie – klits saam.
250ml koekmeel,
10 ml bakpoeier,
2 ml sout,
2 ml fondor
METODE
Meng nou die nat goed met die droe
Skep ‘n lepel deeg in muffinpannetjie, dan ‘n lepel gaar maalvleis, en laastens weer ‘n lepel deeg bo-op.
Bak in oond tot ligbruin 450F / 232C (ek het myne op 200C gebak want ek het ‘n “fan forced” oond)
Resep geplaas deur Cecilia Woest Hunwick
Foto: Meisie Fuchs en Lisa Pretorius
Foto: Marie Heyneke
Sjoe julle, ek is absoluut mal oor hierdie Maalvleispoffertjie resep 🙂 Ek gooi n koppie gerasperde kaas by die deeg en ook nog bo op, dis heerlik verby! Jy hoef ook nie net maalvleis te gebruik nie. Ekt nou die dag uie gebraai saam met chillies en knoffel en dit in die middel gesit met lekker baie kaas
Ek het die maalvleis poffertjies vanoggend 6 uur gebak vir breakfast.Ek het worsies,uie en mushrooms gebraai en laat afkoel en in die deeg gemeng met kaas by.Ekt lepel vol geskep in muffin pannetjies en gerasperde kaas bo op gegooi voor ek dit gebak het.Dankie Marie Heyneke vir die deel van die poffertjies dis so maklik en lekker.
Foto: Nikki Coetzee