LEMOENSTROOP VIR WAFELS
2 koppies suiker
250 g botter
1 ½ koppies lemoensap
1 ½ liters water
knippie sout en vlapoeier om te verdik
Kook alles behalwe die vlapoeier saam.
Verdik met vlapoeier en gooi warm oor wafels en versier met geklopte room.
(Genoeg vir ±20 wafels, afhangend van wafel grootte). Dit is HEERLIK!!!
Bets Lourens
(Tannie Ina Jonker)