KERRIEMAALVLEIS EN EIER PASTASOP MET AARTAPPELS EN CHIPS BALLETJIES
500 gram maalvleis
1 ui
2 eiers
2 velletjies pasta
Simba chips, Chedder cheese
2 aartappels
500 ml water
Kruie en speserye (spring onion, knoffel, seldery, gemengde kruie, basil, cinnemon stick, kerrie, borrie, korijander
Maak aartappels gaar in soutwater en mash dit. Laat afkoel en meng 1 eier en ‘n koppie fyn chips. Rol sodat jy n worsie het. Sny in 5 cm sirkel en braai in diep olie tot bruin. Sit eenkant.
Braai uie en speserye en kruie in pot. Sit maalvleis in en braai. Gooi water by en kook. Maak fyn in voedselverwerker, maar nie te glad nie.
Maak een roereier.
Kook water in ‘n pot met sout, sit pasta in en kook vir 8 min. Haal uit en sny in repies.
Skep maalvleis sop in bak en roer eier in. Sit die pastarepies in en laaste in paar van die aartappel en chips balletjies in. Versier met bietjie vars spring unoins en ‘n klein takkie basil.
Enjoy 🙂
Marian van Deventer