1

KAPOKAARTAPPEL BALLE

aartappel balle Maryketested

KAPOKAARTAPPEL BALLE

Bestanddele
2 koppies koue kapokaartappels
1 eier, liggies geklits
¾ koppie gerasperde cheddarkaas
½ koppie gekapte groen uie (spruituie)
¼ koppie stukkies spek (bros gebraai)
½ koppie droë broodkrummels
Olie vir braai
instruksies
Plaas aartappels in ‘n groot bak en laat staan tot kamertemperatuur – ongeveer 30 minute. Roer die eier, kaas, uie en spek stukkies in. Vorm in balle, rol in broodkrummels. Sit in yskas vir 15 minute.
Verhit olie tot 180 C Braai-aartappel balle, slegs ‘n paar op ‘n slag vir 2 tot 3 minute of tot goudbruin. Verwyder met ‘n gaatjieslepel en drieneer op handdoek papier

FOTO: Maryke Jonck