KAASHAPPIES

kaashappietested
KAASHAPPIES
1k Koekmeel,
knypie Rooi peper,
1k gerasperde Kaas,
25ml Margarien,
50ml koue water

 

Verhit oond tot 200grade C, smeer bakplate,
Sif droe bestanddele, voeg Kaas by en Meng,
Vryf margarien met vingers in en voeg water by,
Meng tot stywe deeg.
Rol dun uit, en druk sirkels uit.
Plaas op bakplaat en bak vir ongeveer 10min tot goudbruin.

(Ek het myne baie Klein uitgedruk, doppie van my shake beker se gaatjie. Ek het 110 Klein koekies uitgedruk.)

BRON EN FOTO: Annetjie v Huyssteen