HEERLIKE KINGKLIP

brandewyn kingklip Erno

HEERLIKE KINGKLIP
1 kg kingklip
50 ml brandewyn
250 ml gerasperde cheddar kaas
1 blikkie room van sampioensop
60 ml sjerrie
paprika na smaak

Meng die sop, brandwyn en sjerrie en gooi oor die vis in oondvaste bakskottel. Bak tot gaar en strooi dan die kaas en paprika oor. Sit terug in oond tot kaas gesmelt is.
Bedien.

Nota:  Kan bietjie meer brandewyn gebruik indien verkies.

Foto: Erno van Wyk