APPELPOFFERS – APPLE FRITTERS
220 ml (120 g) koekmeel / cake flour
5 ml bakpoeier / baking powder
1 groot eier / large egg
125 ml melk / milk
12,5 ml gesmelte botter / melted butter
5 klein Granny Smith-appels / small GS apples
halwe suurlemoen / half lemon
sonneblomolie vir braai / cooking oil for frying
5 ml fyn kaneel / cinnamon
1 ml fyn gemengde speserye / fine mixed spices
45 ml suiker / sugar
knippie sout / pinch of salt
Sif die meel, bakpoeier en ‘n knippie sout saam. Klits die eier , melk en gesmelte botter saam, en klits dit dan by die droë bestanddele in.
Sift the flour, baking powder and salt together. Whisk the egg, milk en melted butter together and add to the dry ingredients.
Haal die appels se klokhuisies uit en gooi dit weg (gebruik ‘n appelboorder daarvoor). Sny die appels in skywe van +5mm dik en drup suurlemoensap oor.
Core the appels and discard the cores. Cut the apples in slices of +5mm and throw lemon juice over the slices
Verhit ‘n lagie olie in ‘n pan oor ‘n matige tot hoë hitte. Sodra die olie warm is, druk ‘n paar stukkies appel in die beslag. Braai tot goudbruin aan albei kante. Dreineer op kombuispapier. Meng die kaneel, gemengde speserye en suiker saam en strooi dit oor die poffers.
Heat a little bit of oil in a pan over medium to high heat. Cover (dip) the apple slices with batter and as soon as the oil is warm, fry till golden brown on both sides. Drain on paper towel.
Mix the cinnamon, spices and sugar together and sprinkle over the warm fritters.