WENKE VIR FLATERVRYE GELATIEN GEREGTE
a.Week die gelatienpoeier of – velle eers ‘n paar minute in koue water.
b. Die geweekte gelatien kan dan by ‘n warm mengsel ingeroer word. Die mengsel moenie kook nadat die gelatien bygevoeg is nie. Dit smaak sleg en voorkom stolling.
c. Roer met ‘n metaal lepel sodat jy makliker kan agterkom wanneer die gelatien opgelos het.
d. Voor jy geweekte gelatien by koue mengsels voeg, moet jy dit oor kookwater smelt.
e. Roer altyd eers van die koue mengsel by die opgeloste gelatien in. Moenie die gelatien regstreeks by die mengsel voeg nie.
f. Kook pynappel, papaja en vye voor jy dit met gelatien meng.*