TUNA VISKOEKIES

tuna en aartappels koekiestested

TUNA VISKOEKIES
Baie lekker viskoekie resep.
2 blikkies tuna
2 med/groot aartappels(gekook en fyn gedruk)
1 ui baie fyn gesny
2 eiers
2 eetlepels koekmeel
hand vol pietersielie
bietjie suurlemoensap en
sout en peper na smaak.
Kap pietersielie fyn. Klits eiers net liggies en meng dan alles saam en vorm koekies. Bak tot goud bruin in vlak olie.

Resep:  Carla Smit
Foto:  hanta henning