TJOPKASSEROL MET MACARONI

tjopkasseroltested
TJOPKASSEROL MET MACARONI
6 skaapboudtjops
sout en peper na smaak
bietjie koekmeel
250 ml water
75 ml tamatiesous
25 ml Worcestersous
25 ml asyn
5 ml suiker
150 g (250 ml) gesnyde macaroni
1 ui, gemaal
bietjie gerasperde Cheddar-kaas

Voorverhit oond tot 180°C.
Smeer’n groot oondkasserol met deksel.
Geur tjops met sout en peper en rol hulle in koekmeel tot heeltemal bedek. Plaas langs mekaar in kasserol.
Meng water, tamatiesous. worcestersous en asyn saam. Gooi mengsel oor die tjops en strooi suiker bo-oor. Sit die deksel op en bak die tjops 60 tot 90 minute.
Kook die macaroni en ui saam in soutwater totdat die macaroni sag is. Dreineer en hou warm.
Skep macaroni op die gaar tjops en strooi kaas oor. Plaas kasserol terug in die oond en bak dit sonder die deksel totdat die macaroni begin verbruin.

Foto:  Gideon Louw en Benhet Nieuwenhuis


In plaas van tjops het ons ‘n jong bokribbetjie in langbeentjies gesny. Ons het ook ipv macaroni spaghetti gebruik en dit bo op ‘n bed van smash bedien en dit was djeerlik.
Foto: Gideon Louw