“SMELT-IN-DIE-MOND” STEAK
Mens kan enige steak gebruik of selfs blokkies vleis (Goulash).
Rol die vleisstukke in meel en braai in ‘n bietjie olie in ‘n warm pan tot bruin.
Plaas die gebraaide vleis in ‘n oondbak, geur soos verkies en plaas eenkant.
Braai soveel uie soos verkies in dieselfde pan met bietjie olie tot bruin.
Skep die gebraaide uie bo-op die vleis.
Maak ‘n sous aan van bietjie olie, bisto, tamatiesous, Worcestersous, blatjang, bietjie rooiwyn en water.
Voeg by soos verkies na smaak met variasies van eie keuse.
Giet die sous oor die vleis en uie en plaas die bak in ‘n oond van 150ºC en bak vir 2 tot 3 ure.
Strooi kaas oor die vleis wanneer dit uit die oond kom en geniet!!!
Resep en foto: Santie Hain
Done