MALIE SE MELKTERT
Stel die oond op 180ºC
SMEER KORS
150 ml koekmeel
1 teelepel bakpoeier
Knippie sout
2 eetlepels Rama
2 eetlepels Canola of Sunflower olie
2 groot eiers
1 eetlepel suiker
Klits eiers, suiker, rama en olie baie goed.. Voeg droee bestanddele by en meng goed. Gebruik agterkant van lepel om deeg in gesmeerde oondpan of groot oondvaste glasbak te smeer.
(kante en bodem) Moenie te dik smeer nie die deeg rys baie. Hou eenkant en maak die vulsel.
VULSEL
230 ml koekmeel
6 teelepels Maizena
Knippie sout
1 liter melk
400 ml melk
4 eetlepels Rama (of enige botter)
300 ml suiker
4 extra groot eiers geskei ( witte lekker styf geklop)
Kaneel soos nodig
Neem 1 liter melk, suiker, Rama en kaneel. Plaas in kastrol op stoof op lae hitte roer tot suiker opgelos is. Hou eenkant.
Neem koekmeel, Maizena, sout, 4 eiergele en 400 ml melk en klits goed deur tot alle klonte opgelos het. Plaas kastrol terug op plaat op meduim hitte.
Giet meelmengsel in melkmengsel op stoof en roer vinnig sodat dit nie klonte vorm nie. Roer aanhoudend tot begin verdik. Giet in tert kors. Vou die styfgeklopte eierwitte nou in by die melkmengsel. Meng versigtig – net so effens bo-op melktert.
Bak tot bruin bo-op (30-40 min)
Haal uit oond strooi nog bietjie kaneel oor.Laat afkoel.
BRON: Malie