GEVULDE VETKOEKE
my vetkoekdeeg is as volg:
8 koppies meel
1 pakkie kitsgis
2 teelepels suiker
3 teelepels sout
100 ml olie
650 ml louwarm water
3 geklitste eiers
Sif die meel gooi aan die een kant die sout aan die anderkant die gis en die suiker bo op die gis dan gooi ek die olie geklitste eiers en die louwarm water oor en knie dit tot dit glad en elasties is en laat rys op warm plek tot dubbel die hoeveelheid.
Ek knie gewoonlik myne af en laat weer rys maar dit is ‘n kwessie van smaak ek vind die vetkoek is dan lekker fyn gerys.
Rol dit dan dun uit en skep die vulsel op gooi nog ‘n lagie deeg bo oor en druk af en laat weer rys en bak dit dan in olie nie te warm nie. Hoop dit help
NOTA: Pizza deeg werk net so lekker
Foto: Ria Jacobs