CHIPATTI
1½ k koekmeel
3 e olie
¼ t sout
Ongeveer ½ koppie lou warm water
Meng die meel en sout goed. Voeg olie by en meng goed in die deeg. Voeg bietjie bietjie water by en knie tot ‘n deeg. Vorm die deeg en ‘n bol en vryf bietjie olie oor. Draai… toe met kleefplastiek en laat staan vir 15 minute. Knie nog een keer goed deur en deel in 9 klein balletjies. Rol die deeg in jou hand palms en druk plat tot ‘n klein sirkel. Sprinkel bietjie meel op werksoppervlak en rol baie dun uit. Sprinkel aanhoudend meel oor sodat dit nie vassit nie.
Verhit ‘n ysterboom pan. Voeg olie en gesmelte margarien saam in ‘n bakkie. Verf die bodem van die pan met die mengsel. Braai die chapatti paar sekondes en verf dan die bo-kant voor jy dit omdraai en aan die ander kant ook braai. Die chapatti moet rys en “bubbles” maak wat donkerder as die res van die deeg word.
Bedien saam met souserige disse soos Kerrie of potjiekos.
Anuschka Chambi
Hulle noem dit Lebanees pita brood. Ook in Marocco eet hulle dit. Sit hoender vleis in saam met tamatie komkommer en yohurt rol hom op en eet ook Gyro dit is vleis wat ingeryg word en dan draai dit stadig voor n warm element stukke word dan afgesny en in die Pitta brood gesit saam met knoffel mayonaise ens miskien dan jy dit sien op youtube hier in Cyprus eet hulle dit baie
Verisca Neethling Bezuidenhout
o ja, ek het ‘n indiese vriend wat dit sommer vir nagereg ook eet! Hy smeer dit dun met Nutella sjokolade smeer en rol dun op