ALLERLEI KOEKIES
Hierdie is ‘n groot gunsteling want jy maak ses verskillende soort koekies met een klomp deeg. Die resep lewer 45 koekies
Voorverhit die oond tot 180°C
Klits 80 g botter, 200 g suiker, 1 teelepel vanilla tot skuimerig.
Voeg 1 eier, ‘n knippie sout en 1 eetlepel room by.
Sif 200 g meelblom en 1 teelelepel bakpoeier en roer by.
Verdeel die deeg in ses.
VANIELJEKOEKIES: Rol balletjies, druk op bakplaat met ‘n vurk plat en bak vir 10 min.
KOFFIEKOEKIES: Meng 2 teel kitskoffie by die deeg, rol balletjies, druk effens plat en versier met ‘n koffieboon. Bak vir 10min
SJOKOLADE APPELKOOSKOEKIES: Meng 10 g kakao en ½ teelepel kaneel by die deeg, maak balletjies, druk met duim ‘n holte in elk en vul met appelkooskonfyt. Bak vir 10min.
SJOKOLADE KOEKIES:Voeg 10 g kakao en 50 g gerasperde sjokolade by die deeg, maak bolletjies, of druk uit, bak vir 10min.
KLAPPERKOEKIES:Voeg 75 g klapper by die deeg, maak bolletjies, of druk uit, bak vir 10 min.
GRAANVLOKKIE KOEKIES: Meng deeg met 50 g korente en 3 eetlepels graanvlokkies, maak bolletjies, druk met vurk, bak vir 10 min.
Versier na smaak, mens kan ook die koekies met verskillende vorms afdruk en mooi versier
Foto en nota: Frances Smith
Let wel dat die resep aanwysing net genoeg is vir een batch variasie.
Van die variasies het ek dubbel aangemaak.
Vanilla – het sprinkles oor gestrooi.
Koffie – het growwe koffie gebruik, bietjie meer as wat resep aandui, wat die spikkels gee.
Sjokolade Appelkoos – het appelkoos met aarbei konfyt vervang en bietjie meer kakao
Sjokolade – weer bietjie meer kakao en so 65 g verkrummelde Flake ingesit
Klapper – en bietjie meer klapper ingesit.
Graanvlokkie – het All bran flakes gebruik