GEKRUMMELDE SAMPIOENE
Jy kan ook die sampioene marineer vir so 1 uur of wat in ‘n mengsel van:
500 ml karringmelk
1 teelepel tiemie
3 teelepels pietersielie
fyn knoffel
Dompel sampioene in meel, geklitste eiers en dan in die broodkrummels.
Plaas die gekrummelde sampioene in die yskas vir minstens 30 minute voordat dit gebraai word. Dit sal help dat die krummels nie so maklik afval in die olie nie.
Braai in diep-olie tot goudbruin.
Dreineer op kombuispapier.
NOTA: Jy moet ook swartpeper inmeng in jou broodkrummels. Laat die marinade eers afloop deur n sif voor jy dit gaar maak
Anita Mc Donald
Foto: Brunhilda Venter