WORTEL-PIESANGKOEK
3 groot eiers
250 ml suiker
250 ml olie
375 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
10 ml fyn kaneel
5 ml koeksoda
2 ml sout
250 ml piesangmoes (hoe swarter die piesang, hoe klammer die koek)
250 ml fyn gerasperde geelwortel
50 g peacan neute gekap (opsioneel)
Stel jou oond op 180ºC.
Klits jou eiers en gooi jou suiker bietjie vir bietjie by.
Klits nou jou kookolie by.
Sif al jou droe bestandele saam en meng in nat mengsel.
Vou laaste jou wortel, piesang en neute in
Gooi in gesmeerde ringpan en bak 35-40min of tot gaar.
Top met maaskaas versiersuiker wanneer afgekoel.
Tip: jy kan oorryp piesangs met skil en al vries en gebruik wanneer jy dit nodig het. Dit lyk glad nie lekker en is slymerig wanneer ontdooi is maar is reg so.
Resep en foto : BEATRIX ERASMUS