WONDER KOEK
4 eiers geskei
1 E water
150 g suiker (3/4 kop)
115 g meel (1 kp)
500ml melk (lou warm)
2 ml vanilla
METODE
Klits eierwitte styf. Klits eiergele.. suiker..water en vanilje..Voeg meel by en meng. Voeg melk by. (Louwarm) en meng goed. Vou eierwitte in. Gooi in 9″ koekpan . Bak so 50 min.. Laat afkoel en sif versiersuiker oor.
Resep en foto: Martie Fourie Moolman