Braai uie en green pepper in olie tot uie ligbruin is
Haal dit uit pot
Braai 500 g haddock (in stukkies gesny) in dieselfde olie tot gaar
Haal uit olie
Gooi rou rys in pot, asook 5 koppies water waarin die hoender-ekstrak opgelos is asook die blik tamaties en die sampioene
Sit deksel op en kook oor stadige hitte tot die rysmengsel gaar is
Sout na smaak
Gooi 2 eetlepels botter in pannetjie
Braai 750- 1 kg garnale in botter tot ligoranje
Haal garnale uit dop as jy die in doppe gebruik het, gooi vis, garnale, uie en green pepper alles terug in pot
Voeg ook 2 blikke gerookte mossels by (kan ook vars gaar mossels gebruik)
Sit deksel op vir 10 min en roer deur
Bedien met lekker vars brood en ‘n bottel wyn
Genoeg vir 6 ruim porsies
Resep en foto: Lorraine Weitz Brand