MISSISSIPI MUD PIE
250 g botter
15 ml brandewyn of whiskey
180 ml suiker
250 g donker sjokolade, fyn gekap
375 ml warm water
375 ml bruismeel
60 ml kakao
2 ekstra groot eiers
5 ml vanielje geursel
Voorverhit die oond tot 180ºC. Bespuit ‘n 22cm koekpan met kleefwerende kossproei. Smelt die botter oor lae hitte in ‘n kastrol. Voeg die brandewyn, suiker , sjokoladestukkies en water by. Roer totdat die sjokolade net gesmelt en die mengsel glad is. Sif die bruismeel en kakao saam en klits dit stadig by die sjokolade-mengsel in. Voeg die eiers en vanielje geursel by en klits tot gemeng. Skep in voorbereide koekpan en bak 40-45 minute lank of tot die toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Laat 15 minute in pan en keer uit. Sit warm of koud voor saam met room en bessies. Lewer 1 medium koek.;-)
Nota: Indien verkies kan dit met ganache versier word, maar dit is heerlik net so met versiersuiker gesprinkel of styf geklopte room
Bron: Rentia van der Merwe