Ek het hom oornag in karringmelk laat le, vee al die karringmelk goed af, sny oop sit sout en coriander op, braai jou uie en sampoiene in olyf olie bietjie, sit op die vleis, pak ‘n laag lekker dik chadder kaas en smeer lekker dik met mayonnaise. Vou toe, draai toe in spek en maak toe in foelie.
Oond toe teen 180 ºC vir ongeveer 45 min, maak bietjie oop dat hy net bruin word.
Maak jou sousie dikker en bedien saam.
Pasop die sous kan dalk baie sout wees as gevolg van die spek.
Indien mens van jou vleis meduim rear hou, moet nie toemaak in foelie nie, sit hom net in die oond tot dat die spek krakerig is.
Resep en foto: Rina Kleinhans