ELSA SE KARRINGMELKBESKUIT
Ek het gemerk hier is ‘n paar diabetiese lede ook onder ons, en omdat my liefie een is, bak ek graag vir hom hierdie beskuit wat ek by Elsa Eksteen van Roodepoort gekry het.
1,5 kg bruismeel
8 teelepels Natreen versoetter
2 eiers
500 ml karringmelk (Amasi)
250 ml melk (ek gebruik die kartonnetjie van die amaas en spoel dit sommer met die melk)
5 ml sout
500 gr Stork Bake margarien
Maak so:
Smelt die botter en roer die Natreen in. Voeg die karringmelk en melk by. Voeg die eiers en sout by. Meng alles goed. Gooi bruismeel by en meng goed. Druk in bakpan. (ek gebruik my rolkoekpan). Bak teen 180ºC vir 30-40 min. Droog uit oornag in ‘n lou oond van 50º C.
(Sny in skywe voor jy dit bak dan breek dit makliker)
Resep en foto: Wilma Josey Venter
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.