DRIE BESTANDDELE KOLWYNTJIES
6 eiers geskei
1 koppie bruismeel
1 koppie suiker ( ek het strooisuiker gebruik)
Skei eiers, gooi 1/2 koppie suiker by wit en 1/2 kop suiker by geel
Klits wit van eiers baie goed, (amper tot styf) en klits dan geel baie goed
Gooi bymekaar en voeg meel bietjies gewys by terwyl jy klits
Sit in cupcake of kolwyntjie panne en bak in oond by 180º C vir 12 min
Die geheim van hierdie beslag is dat dit baie baie goed geklits moet word, klits die eierwitte baie goed styf
Foto: Floraine Wasserman Venter