Altyd n wenner! Lekker klam!!
Skei 7 eiers klits die eiergeel tot lig en voeg 2k suiker gelydelik by!
Meng n 3\4k water en 3E kakao voeg by eiergele
Voeg dan 1k olie by eiergele meng goed
Sif 2k meel, 3t bakpoeier, 2t sout saam en meng bietjie bietjie by die eiergele!
Klits eier witte styf en vou in!
Bak by 180c vir 35min! Heerlik
Nota: voeg 2.5ml kremetart by vir nog ‘n lekkerder tekstuur
Riana: Hierdie is ‘n groot beslag en kan in twee ring panne gebak word.
Benhet Nieuwenhuis
Foto: Riana du Plessis
IN ons huis word daar nie maklik ‘n ander sjokolade koek gebak nie! EK versiek die koek klaar met botter versiersel en dan gaan die wat ook bly soma klaar gesny vrieskas toe! en soos ons lus het vir ‘n stuk eet ons hom uit die vries!! So ons het altyd lekker koek!!!!!! en niemand sal eers weet hy was gevries nie. 😉