AARTAPPELSOP
3 middelslag aartappels
4 koppies warm melk
1/ 2 ui in skywe
3 eetlepels botter of vet
2 eetlepels koekmeel
1/ 2 eetlepel sout
1/ 8 teelepel peper
Rooipeper, knippie na smaak
1 teelepel fyngekap pietersielie
Maak die aartappels fyn, en voeg die warm melk by. Hou warm.
Braai die ui `n rukkie in die vet en roer dan die meelblom daarby. Wanneer glad, voeg by die aartappelmengsel en laat saggies kook totdat dit glad is. Roer af en toe.
Geur deeglik, en dis warm op met die pieterselie daaroor gesprinkel.
FOTO: Chantel Teresa Terblanche