‘n Lekker vars nuwe bydrae, probeer gerus.
Hierdie is Sina Marumo se resep en sy is reeds 25jr in diens by my) moeilik om korrekte mates te gee want groottes v wortels verskil so ook met ander groentes –
Rasper vars wortels na gelang van hoeveelheid, roer ‘n blikkie BakeBeans daarin meng mayonaise en 1/2teelepel kerriepoeier by – net genoeg om te bind, laat afkoel en geniet. (my mates 6 medium grootte wortels, 1 blikkie, +-1/2 koppie mayonaise en 1/2 teelepel rajah kerriepoeier) Eksperimenteer lekker en geniet!
Resep: Daleen Terblanche
Sarah Rochelle Julius
jy kan ook 1 ui, halwe green pepper braai in bietjie olie as dit amper sag is gooi gerasperde wortels en 1teelepel rajah mild by en braai tot wortels sag is. laat afkoel en meng met baked beans en mayonaise. lekkerder as dit bietjie staan in yskas
Foto deur Riana Moolman-Roux