WASHIELAH SE SAMOOSAS
Kyk die blare is mos verkrygbaar by shoprite, checkers en meeste winkels. So jy koop ‘n pak en volg die instruksies daar op vir die vou proses, Die vulsels is oneindigend.
Maak ‘n lekker droë mince kerrie met nie klomp sous he nie en vul jou samoosa daarmee. Of wat van kaas in blokkies gesny garlick in slivers en groen rissie in slivers.
Jy vou jou samoosa sodat jy ‘n driehoek het dan in die opening sit jy eers die kaas dan die chilli en garlic vou diet heeltemal toe lekker styf daar moet niks lekplekke openinge wees nie.
Jy kan dit nou of vries of afbak in oli of op n bakplaat pak en in die oond bak by 190’c tot goudbruin aan albei kante. Jy kan aartapels opkook in blokkies sny meng met dhanjah sade, mosterd sade en sout en peper en vul jou samoosa daarmee. Vir n durban bom vat jy daai klein ronde chillies sny jou blaar in die lengte deur sodat jy 2 velle het en vou soos normaal met slegs die chillie daar in.
Speel rond met vulsels n samoosa hoef nie net kerrie in te he nie en dit hoef nie net gedeep fry word nie bak dit in die oond geen olie word gebruik nie
Washielah Adams
SAMOOSA VULSEL
500 g mince
2 uie mooi fyn opgesny en laat dit eers uitsweet voor jul oli byvoeg en dt bruin braai.
Dan kom die speserye 5 ml van die vlgende elk. Koljander fyn, barishap, kerrie, tumeric.
Roer daai pot en sit mince by met so 20ml water.
Chop so n bos dhanjah/solentro op voeg by.
Laat dit stadig prut tot gaar en meeste water verdamp het.
Vul jou samoosa. Kan ook chicken of ostrich mince gebruik.
Washielah Adams