VINNIGE PASTABAKE

pasta baketested

VINNIGE PASTABAKE
1 pak pasta van keuse
250 g baconbits
1 groot ui, gekap
250 g sampioene, gesny
1 paprika, enige kleur
250 g gerasperde kaas, enige kaas maar pizzakaas is die lekkerste of cheddar
1 sakkie mushroomsop
sout en pepper

Kook pasta en braai spek, uie, paprika en sampioene. Meng by pasta en gooi 3/4 kaas by. Sit alles in oondvasta bak en maak sop aan met die aftreksel van pasta en roer sout en pepper by en roer tot glad. Gooi oor pasta en strooi res van kaas oor en bak in oond vir 15-20 min tot kaas lekker bruin is. Eet en geniet met mengelslaai.
Resep en foto: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot
Tweede foto: Rheda Vreken‎