VARKWORS
5 kg gemaalde varkvleis, maer en vetvleis gelykop verdeel
5 ml tiemie
5 ml salie
5 ml fyn neut
5 ml wonderpeper
5 ml foelie
12,5 ml fyngestampde koljander
20 g sout
30 g fyn peper
Meng dievleis met al die kriue.
Voeg n halfbottel rooiwyn by en meng deeglik
Stop die wors.
*** ek persoonlik sal eers my vleis en speserye meng, voor die maal proses [ eweredige verspreiding van kruie makliker.
Moenie die worsmengsel teveel knie nie, tekstuur raak styf
Werk met KOUE maar nie gevriesde vleis.
Ons braai eers die koljander voor fyn stamp – gee besonderse geur en smaak
Geplaas deur Rene Truter Wessels