TUNA VISKOEKIES

viskoekies van tunatested
TUNA VISKOEKIES

BESTANDELE

1 blik (170 g) fyn tuna, goed gedreineer
Sap en fyngerasperde skil van ½ klein suurlemoen
2 agurkies, fyn gerasper
1 groot, gaar aartappel, fyn gedruk
30 ml gekapte, vars pietersielie
½ wiel fetakaas, fyn gekrummel
1 eier
15 ml melk

60 ml koekmeel
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Olie, vir braai

METODE

Meng die tuna, suurlemoensap en -skil, agurkies, aartappel, pietersielie en fetakaas goed saam. Klits die eier en melk saam en voeg by. Meng goed, bedek en verkoel vir ongeveer 15 minute. Geur die koekmeel intussen met genoeg sout en swartpeper. Vorm vismengsel in koekies en rol liggies in die gegeurde meel. Skud die oortollige meel af en braai die viskoekies in warm olie tot goudbruin en deurgaar. Sit voor met vars suurlemoen, aartappelskyfies en slaai. Genoeg vir twee tot drie mense

Resep geplaas deur Rina Kleinhans