TUISGEMAAKTE TENNISBESKUITJIES

TUISGEMAAKTE TENNISBESKUITJIES
5 koppies koekmeel
1 ½  koppies klapper
5 eetlepels stroop
2 teelepels koeksoda
knippie sout
1 koppie suiker
3 eetlepels botter
3 eiers geklits
2 teelepels kremetart
1 teelepel vanilla
kwart koppie melk

Voorverhit oond na 190 grade C
Sif meel en die kremetart saam.
Voeg nou jou suiker , klapper en sout by.
Vryf botter met vingerpunte in.
Maak koeksoda aan met ‘n bietjie melk.
Voeg stroop by geklitste eier en roer deur
Meng koeksoda mengsel by eiermengsel
Voeg vanilla by meng goed deur
meng nou vloeistof in droë bestanddele in. Meng deeglik.
Rol dun uit en druk jou eweredige vierkante uit
Prik elke koekie met tandestokkie
Plaas op gesmeerde bakplaat
Bak by 190 grade C tot goudbruin.