SJOKOLADE BRUINTJIES – BROWNIES
300 g donker sjokolade
4 eiers
200 g strooisuiker
230 g ongesoute botter, gesmelt
70 g kakao
70 g meel
10 ml room
Smelt die sjokolade in ‘n mengbak oor ‘n pot kookwater.
In ‘n aparte mengbak klits jy die eiers en strooisuiker saam en klop dan die botter by.
Sif die kakao en meel by.
Roer die room en sjokolade by.
Gooi uit in ‘n gesmeerde bakplaat en bak by 180°C vir 30 minute.