RIANA SE WENNER SJOKOLADE KOEK

sjokolade koek rianatested


RIANA SE WENNER SJOKOLADE KOEK
BESTANDDELE
4 eiers
1 kop suiker
2 eetlepels kakao
4 eetlepels kookwater
1 kop koekmeel
Knippie sout
250g margarine /botter gesmelt
1 teelepel vanilla of caramel essence
2 teelepels bakpoeier

Klits eiers baie goed voeg suiker by en klits tot romerig
Los kakao op in kookwater
Voeg meel en sout by eiermengsel, klits
Voeg dan kakao mengsel, botter en geursel by
HEEL LAASTE BAKPOEIER
Bak in 2 laagpanne vir 20-25 min by 180 grade C
Versier soos verkies
RIANA DU PLESSIS