POFFERTJIES (SOOS KOEKSISTERS)
Maak eerste die stroop sodat dit goed koud kan word in die yskas.
STROOP:
2 kp water
4 kp suiker
½ teel kremetart
Smelt en kook 3 min lank. Laat koud word en hou koud deur die bak stroop in ‘n bak ysblokkies te plaas terwyl jy werk.
DEEG:
1 kp room
1 ½ kp melk
2 eiers
4 kp meelblom
4 teel bakpoeier
½ teel sout
Sif meelblom, bakpoeier en sout. Klits room, melk en eiers saam. Meng deur die vleoistof bydie meelmengsel te voeg en goed deur te roer. Skep teelepels vol in warm olie tot goudbruin en plaas dadelik in yskoue stroop. Skep uit en laat afkoel, plaas in die yskas voor opdiening.
Resep: Rina Kleinhans
Anne Snyman
Rina ek het vandag jou Koeksisterpoffers gemaak – dit is heerlik! Net die stroop is te min. My mense kon nie ophou eet nie.